Hoërskool Zwartberg

Details

First Name - Hoërskool Zwartberg
Email - hszwartberg@gmail.com
Phone - 023 5411 570
  • Description

Hoërskool Zwartberg bestaan reeds vir 100 jaar.  Die skool was vroeër ‘n gekombineerde laer- en hoërskool, maar is sedert 2013 slegs ‘n hoërskool.  Daar is jaarliks gemiddeld 420 leerders in die skool en kom hoofsaaklik uit die skool se vier voederskole: Prince Albert Primêre Skool, Laerskool Merweville, George Fredericks Primêre Skool en Leeu Gamka Primêre Skool.  In die laaste paar jaar is daar leerders afkomstig uit Laingsburg ook ingeskryf by Hoërskool Zwartberg.

 

 

Daar is 14 onderwysers op die personeel wat die skoolhoof, mnr. Richard McKnight, adjunkhoof mnr. Shaun van der Walt en departementshoof mnr. Johannes Izaks insluit.

 

 

Vakke wat in die skool aangebied word is Afrikaans Huistaal, English First Additional Language, Wiskunde, Wiskundige Geletterdheid, Fisiese Wetenskappe, Lewenswetenskappe, Besigheidstudies, Verbruikerstudie, Toerisme, Rekenaar Toepassinstegnologie, Siviele Tegnologie, Tegnologie,  Lewensoriëntering, Sosiale Wetenskappe, Natuurwetenskap,  Skeppende Kunste.

 

lees meer oor ons skool

Back