Prins Albert Landbougenootskap

bied aan

Derde jaarlikse KOS-EN-OLYFFEES

Vrydag 28 en Saterdag 29 April

van 08:00 tot laat elke dag

Olywe, vye, kaas en wyn

Kosdemonstrasies deur gassjefs en plaaslike spyseniers van formaat

Die lekkerste disse te kus en te keur - ontbyt, middagete en aandete

Stalletjies - van boeke tot varsgebak en handgemaak, wit olifante, oudhede, klere en skoonheidsprodukte - en wyn uit die Prins Albert-vallei

Speelplek vir die kinders

Gelukstrekkings

Vanjaar se hoogtepunt -

twee vertonings deur die gewilde sangeres Nedine Blom!

Die Supercool-partytjie-show: Saterdag 29 April, 10:00

Trek jou partytjieklere aan, gryp jou dansskoene en maak jou reg vir ‘n reusepartytjie saam met Nedine op vanjaar se Prins Albert Kos-en-olyffees “Dis funky, snap en crackle en dit pop!” vertel sy.


Tydens hierdie splinternuwe vertoning vir die jongklomp (en minder jonges), gaan gaste kans kry om saam met haar op die verhoog te dans en sing. Dis ‘n interaktiewe vertoning, gemik op kinders van alle ouderdomme.

Met twee Suid Afrikaanse musiektoekennings op haar kerfstok en ‘n Bokkie-toekenning vir die beste Afrikaanse kinder-CD, weet Nedine presies hoe om kinders se harte te raak. Die vertoning ontplof behoorlik van energie, met liedjies soos Popcorn,  Simple Simon, Bubblegum, Hokey Pokey, Kaptein, Baby Tjoklits en die Abba-treffer Super Trouper.

Die Supercool Partytjie-show gaan die hele gesin laat saamdans en saamsing, terwyl elkeen wat dit bywoon soos ‘n popster in eie reg gaan voel. Moenie dit misloop nie!

Die Jaloersbokkies: Saterdag 29 April, 19:00

"Piekniekliedjies"-vertoning en CD-bekendstelling

Eg-Kaaps soos breyani en koeksisters, soos ghoema en winterreën bekoor Die Jaloersbokkies gehore met ou bekendes soos Sarah de Jager, Johannes Kerkorrel se Halala Afrika en Taliep Petersen-gunstelinge wat insluit die lied oor die straatverkopers, oneTwo for the price of one, asook O’s is vannie Kaap.

Dis egter die tradisionele treffers Rietjie in die water, Môre tannie en Daar kom die Alibama wat die eiesoortige klank van die Jaloersbokkies pragtig weerspieël. Hulle debuut-CD met die titel “Piekniekliedjies” is pas vrygestel en bekoor gehore landswyd met treffers wat deurspek is van Ghoema-ritmes, Klopse-klanke en multi-harmonieë.


Die Jaloersbokkies is gebore uit Jawaahier en Nedine se behoefte om Afrikaans insklusief te maak vir alle kultuur- en rassegroepe deur tradisionele musiek en ons gedeelde herkoms. Die Jaloersbokkies se visie is om kulturele bru^e te bou oor kleur- en taalgrense heen en plaas die fokus op Afrikaans oor die breë spektrum. Verskeie variante van Afrikaans word gesing en gepraat tydens Jaloersbokkie- vertonings wat insluit Kaapse Vlakte-Afrikaans, “Rondemondjie-Afrikaans”, Waterkloof-Afrikaans, Namakwalandse Afrikaans en Kombuis- Afrikaans.

Kostes vir alles: Hektoegang per dag - volwassenes R 30, kinders R 20, motor R 10

Plek - Prince Albert Skouterrein

Kyk hoe lekker het ons verlede jaar gekuier!

Back